Slegs persone ouer as 18 mag aan die veldtog deelneem.
Deelnemers moet ʼn Suid-Afrikaanse burger wees om in aanmerking te kom vir die prys.
Deelnemers mag meer as een grappie inskryf.
Die wenner is die persoon wat die wengrap die heel eerste ingeskryf het, maak nie saak of dieselfde grap ook op verskillende ander maniere ingedien is nie.
Die wenner van die tweede Mauritius-vakansie sal lukraak getrek word uit alle persone wat aan die stemproses deelgeneem het.
Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie.
Die prys is nie oordraagbaar nie.
Die wenner is verantwoordelik om self die bespreking te doen by World Leisure Holidays met die koepon wat aan jou verskaf sal word.
Die wenner is verantwoordelik daarvoor om seker te maak dat hulle ʼn paspoort besit en ook dat hulle paspoort vir minstens 6 maande na die beplande reisdatum steeds geldig is.
Die prys is geldig tot 31 Desember 2022.
Akkommodasie en vlugte is onderhewig aan beskikbaarheid.
Die sluitingsdatum van die eerste fase van die veldtog is 26 September 2021.
Die wenners se name sal op Maroela Media bekendgemaak word.
Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.
Vervoerkoste na en van die lughawe in Suid-Afrika is nie by die prys ingesluit nie.
Enige ander uitgawes tydens jou vakansie is vir jou eie rekening.
Maroela Media en World Leisure Holidays kan nie aanspreeklik gehou word vir enige skade of verlies wat jy mag ly indien jy van die vakansieprys gebruik maak nie.
Lughawebelasting van ongeveer R4 400 per persoon (afhangend van lugredery) is uitgesluit by die prys.
Indien die wenner nie die lughawebelasting kan betaal nie, verbeur jy die prys.
Alle drankies en items van persoonlike aard, soos byvoorbeeld "wasgoeddienste" ens. is uitgesluit by die prys.
Deur aan hierdie veldtog deel te neem, stem jy in om World Leisure Holidays se reisnuusbrief te ontvang. Jy kan enige tyd op die nuusbrief uitteken.
Dankie vir jou inskrywing, maar daar is ʼn fout wat ons moet regstel. Geen haan sal daarna kraai nie, maar jou e-posadres is nie geldig nie, so probeer asseblief weer.
Sukses!
Gaan loer gou in jou e-posbus om jou inskrywing te bevestig.