"Van sit en staan, is lê en grappe lees die lekkerste!"
- Beoordelaar 2

Uiteindelik! Die beoordelaars het gelees, gelag, koppe gekrap en gestem. En nou kan Maroela Media met trots die top-50-grappe aankondig wat om die gesogte titel vir die Grootste Afrikaanse Grap gaan meeding.

#ltl (lag te lekker)

Die lewe is swaar en moeilik. Ons het peste en pandemies, en meer krisisse as wat daar vlooie is op ʼn bababobbejaan. En dis hoekom ons dit maklik maak om aan die Grootste Afrikaanse Grap deel te neem.

Vyf glanspersoonlikhede het ingestem om video-opnames van die top-50-grappe te maak. Want ʼn grap wat vertel word, is mos snaakser as een wat jy net lees. Om dit makliker te maak, het ons die grappe in vyf kategorieë verdeel wat jy net hier neffens kan sien.

En jy kan stem soos wat mens poeding eet. Stem elke dag vir tot vyf grappe (een in elke kategorie), maar net een keer per dag! Jy kan elke dag vir dieselfde grappe, of ander grappe stem, want wat is ʼn besluit as jy hom nie kan verander nie? En onthou, as jy stem, kan jy wen! Maak ook ʼn knoop in jou oor: tik jou besonderhede in elke keer wanneer jy stem, anders kan jy nie in aanmerking kom vir daai luukse vakansie in Mauritius nie!

Onthou dat enigiemand wat aan die stemmery deelneem in aanmerking kom vir die Mauritius-vakansie ter waarde van R50 000 met die komplimente van World Leisure Holidays. Die persoon wat heel eerste die wengrap ingestuur het, wen die Mauritius-vakansie ter waarde van R70 000 met die komplimente van World Leisure Holidays.

En deel gerus jou gunstelinggrap met jou vriende op sosiale media. Want lag is aansteeklik, en hoe meer siele, hoe meer vreugde!

#ltl

Eerste prys:

Sewe nagte vir twee persone wat ʼn Deluxe-kamer deel by die 5-ster Sugar Beach Resort in Mauritius met die komplimente van World Leisure Holidays.
Waarde: R70 000 (retoervlugte en ontbyt en aandete ingesluit).

Tweede prys:

Vyf nagte vir twee persone wat ʼn Junior Suite-kamer deel by die 5-ster Longbeach Resort in Mauritius met die komplimente van World Leisure Holidays.
Waarde: R50 000 (retoervlugte en ontbyt en aandete ingesluit).

Bepalings en voorwaardes geld